Geleë tussen die natuurlike sand duine en inheemse fynbos met oorvloedige voël lewe, is dit die natuurliefhebber se droom. Die wat vroeg opstaan kan asemrowende sonsopkoms oor die meere waarneem, of ‘n bergfiets roete geniet in die fris oggend lug.

Neem die rustigheid van die omgewing ter harte, of geniet die verskeie aktiwiteite.

neem kennis:

Die akkomodaise word slegs op 'n selfsorg basis voorsien
Linne en badhanddoeke word voorsien. Bring gerus eie swemhanddoeke saam, want dit word NIE voorsien nie
Die eenheid kan 4 persone gerieflik akkommodeer
Addisionele persone word beperk en addisionele fooie sal gehef word (Besonderhede by navraag)
Kinders van alle ouderdomme is welkom
Die eenheid word een maal per week gediens en wanneer gaste vertrek
Daar is 'n TV, DVD-speler, en DSTV dekodeerder
Daar is geen landlyntelefoon beskikbaar nie
Selfoonopvangs in baie goed
Rook is verbode binne the eenheid
Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie

Knysna +/-26km; George +/-32km; Wilderness +/-21km

die ideale vakansie

bestemming

aantreklikhede


Aktiewe hangsweef (paragliding) gemeenskap
Motorbootritte, water-ski, kanovaarte, visvang, seiljagvaarte en branderplankry op die strandmeer en Swartvleimeer
Seiljagklub op Eilandmeer
Myolistrand, Die Mond, en Swartvlei is naby genoeg vir swem in die warm see en lekker uitstappies
Gholf by een van die vele bekende bane, of Mashie Gholfbane
Bergfietsritte deur die woudpaadjies
Perderitte langs die meeroewer en aangrensende koppies
Bergstaptoere oor die Outeniqua en Tsitsikamma roetes
Verskeie bekende nasionale en minder bekende woud-, duin-, fynbos-, en ander voetslaanroetes
Voëlkykers kan die voëluitkykpunte by Rondevlei Voël Reservaat en Langvlei en Groenvlei geniet
Verskeidenheid uitstekende restaurante en boskroeë
Boeremark elke Saterdagoggend waar tuisgemaakte en plaaslike lekkernye verkoop word
Kunsmark elke Saterdag (Wilderness Kunsmark soos geadverteer op geselekteerde Sondae
Aandkosmark elke Vrydag in Knysna
Kulturele en Sportaktiwiteite in Knysna reg deur die jaar sluit in: die gewilde Knysna Maraton, verskeie fietswedrenne, die Oesterfees, die Gastronomikafees en die alombekende Pienk Loerie Fees